Kea

Kea
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
N. notabilis
Binomiale naam
Nestor notabilis
Gould, 1856
Verspreidingsgebied in groen.
Die oranje vere onder die vlerke kan tydens vlug gesien word.

Die kea (Nestor notabilis) is ’n groot spesie papegaaie in die familie Nestoridae[2] wat in die woud- en Alpestreke van Nieu-Seeland se Suideiland voorkom. Dit is sowat 48 cm lank en hoofsaaklik olyfgroen met helderoranje onder sy vlerke. Dit het ’n groot, smal, geboë grysbruin bosnawel.

Die kea is die enigste Alpe-papagaai ter wêreld. Hul omnivore dieet sluit aas in,[3] maar bestaan hoofsaaklik uit wortels, blare, bessies, nektar en insekte. Die voëls is vroeër doodgemaak weens kommer onder skaapboere dat hulle vee, veral skape, aanval.[4] Sedert 1986 word hulle beskerm onder die wet op natuurlewe.[5]

Die genus Nestor bevat vier spesies: die Nieu-Seelandse kaka (Nestor meridionalis), die kea (N. notabilis), die uitgestorwe Norfolk-kaka (N. productus) en die uitgestorwe Chatham-kaka (N. chathamensis). Almal stam vermoedelik af van ’n "proto-kaka" wat vyf miljoen jaar gelede in die woude van Nieu-Seeland voorgekom het.[6][7] Hul naaste verwant is die kakapo (Strigops habroptilus), wat nie kan vlieg nie.[6][7][8][9] Saam vorm hulle die superfamilie Strigopoidea van papegaaie, ’n antieke groep wat voor hul verspreding van alle ander Psittacidae afgeskei het.[6][7][9][10]

  1. "Nestor notabilis". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. 2012. Besoek op 12 Desember 2017. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  2. Joseph, Leo; et al. (2012). "A revised nomenclature and classification for family-group taxa of parrots (Psittaciformes)" (PDF). Zootaxa. 3205: 26–40.
  3. Benham, W. B. (1906). "Notes on the Flesh-eating Propensity of the Kea (Nestor notabilis)". Transactions of the Royal Society of New Zealand. 39: 71–89.
  4. keaconservation.co.nz Geargiveer 9 Oktober 2011 op Wayback Machine: Kea Conservation Status.
  5. Lindsey, T., Morris, R. (2000) Field Guide To New Zealand Wildlife. Auckland: Harper Collins. (ISBN 1-86950-300-7)
  6. 6,0 6,1 6,2 Wright, T.F.; Schirtzinger E. E.; Matsumoto T.; Eberhard J. R.; Graves G. R.; Sanchez J. J.; Capelli S.; Muller H.; Scharpegge J.; Chambers G. K.; Fleischer R. C. (2008). "A Multilocus Molecular Phylogeny of the Parrots (Psittaciformes): Support for a Gondwanan Origin during the Cretaceous". Mol Biol Evol. 25 (10): 2141–2156. doi:10.1093/molbev/msn160. PMC 2727385. PMID 18653733.
  7. 7,0 7,1 7,2 Grant-Mackie, E.J.; J.A. Grant-Mackie; W.M. Boon; G.K. Chambers (2003). "Evolution of New Zealand Parrots". NZ Science Teacher. 103.
  8. Juniper, T., Parr, M. (1998) Parrots: A guide to parrots of the world. New Haven, CT: Yale University Press (ISBN 0-300-07453-0)
  9. 9,0 9,1 De Kloet, Rolf S.; De Kloet, Siwo R. (September 2005). "The evolution of the spindlin gene in birds: sequence analysis of an intron of the spindlin W and Z gene reveals four major divisions of the Psittaciformes". Mol. Phylogenet. Evol. 36 (3): 706–21. doi:10.1016/j.ympev.2005.03.013. PMID 16099384.
  10. Schweizer, M.; Seehausen O; Güntert M; Hertwig ST (2009). "The evolutionary diversification of parrots supports a taxon pulse model with multiple trans-oceanic dispersal events and local radiations". Molecular Phylogenetics and Evolution. 54 (3): 984–94. doi:10.1016/j.ympev.2009.08.021. PMID 19699808.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search